Wir verwenden Cookies, um die Benutzerfreundlichkeit dieser Webseite zu erhöhen (mehr Informationen).

Afrikaans / Afrikaans / Afrikaans

Die vraag omtrent die ewigheid word deur baie mense eerder gesystap, selfs deur dié wat wel nadink oor die einde van hul aardse bestaan. So is daar byvoorbeeld Drew Barrymore, ‘n Amerikaanse vrou wat as kinderster ‘n rol vertolk het in die fiksie-film E.T. Sy het as 28-jarige in 2003 gesê: “Sou ek voor my kat te sterwe kom, dan moet julle my as vir die kat gee om te vreet, sodat ek minstens in my kat verder kan lewe.” Wat ‘n verwronge en kortsigtige opvatting omtrent die dood! (...)

Die wêreld rondom ons

Wanneer ons die wêreld rondom ons beskou, word die bestaan van hoogs ingewikkelde en doelgerigte ontwerpe in die natuur gou duidelik. ‘n Paar voorbeelde: Die potvis, ‘n tipe walvis, is in staat om so diep as 3000 meter onder die wateroppervlak te duik sonder om aan borrelsiekte te beswyk. Of kyk maar na die speg, ‘n voëlsoort ook bekend as die ‘houtkapper’, wat ten spyte van sy harde gepik teen ‘n boomstam geen harsingskudding opdoen nie. (...)